Optel van tien getalle
DIE UITDAGING
Jy het vyf groot sakke muntstukke. Elke sak het slegs een soort muntstuk. Die sakke het muntstukke ter waarde van 1, 3, 5, 7 en 9. Indien moontlik, vind tien muntstukke wat optel tot 43. Indien nie, beskryf hoekom dit onmoontlik is.

VERKENNING
Wat is al die moontlike getalle wat jy met tien muntstukke uit hierdie sakke kan maak?
Notes
DIE UITDAGING
Dit is onmoontlik. Al die getalle om van te kies is onewe. As 'n ewe getal (tien) keer bymekaar getel word, sal dit altyd 'n ewe getal lewer, ongeag watter onewe getalle gekies word.
VERKENNING
Elke ewe getal van 10 tot 90 kan verkry word. Begin met 10 = 10 x 1. Om al die ewe getalle tot 90 te verkry, vervang elke keer een getal met 'n getal wat twee groter as dit is.