'n Baie Lang Man

deur Cornelius Wambi Gulere

Geïllustreer deur Catherine Groenewald

inhoud-beeld
inhoud-beeld

Sy skoffel was te kort.

  1. Wys op die helder kleure – die geel son, die blou lug, die groen bosse en die rooi skoene.
  2. Tel die twee bosse en die twee rooi skoene saam met jou kind.
  3. Wys daarop hoe ongemaklik die man lyk terwyl hy so ver vooroor buig om te skoffel.
inhoud-beeld

Sy deuropening was te laag.

  1. Lewer kommentaar dat die deuropening te laag vir hom is – die man is langer as die deur.
  2. Kyk hoe ver die man afbuk om met die seun te praat – hy is baie langer as die seun, en die seun is baie korter as die man!
  3. Tel die bosse saam.
inhoud-beeld

Sy bed was te kort.

  1. Die man se bene steek ver uit die bed uit. Hy is baie langer as sy bed.
  2. Wys na die voël en die seun en hoe verward hulle by die kort bed lyk.
  3. Tel die tone van elkeen van die man se voete saam.
inhoud-beeld

Sy fiets was te kort.

  1. Die lang man is heeltemal te groot vir sy fiets. Kyk hoe ver steek sy been uit!
  2. Wys daarop dat die voël se kleur van geel na oranje verander het!
  3. Waar is die seun in hierdie prentjie?
inhoud-beeld

Hierdie man was te lank!

Wat kan hy doen om sy probleem op te los en in sy wêreld in te pas?

  1. Miskien is die man nie te lank nie – miskien moet hy net sy probleme oplos!
  2. Wys daarop dat die man 'n probleem het en dat hy hartseer daaroor voel.
  3. Let op dat hierdie man baie langer is as die ander mense.
inhoud-beeld

Hy het 'n baie lang handvatsel gemaak.

  1. Hy het sy probleem met die skoffel opgelos! Hy het sy skoffel groter gemaak!
  2. Watter een is groter, die skoffel of die man?
  3. Sien jy die man se rooi skoene? Waarheen het hulle gegaan? Hulle het verdwyn!
inhoud-beeld

Hy het baie hoë deurrame gemaak.

  1. Wat is hoër – die deur of die man?
  2. Die son in die lug is rond. Wys na ronde dinge waar jy is.
  3. Wat is langer en wat is korter – die man se bene of sy bolyf?
inhoud-beeld

Hy het 'n baie lang bed opgemaak.

  1. Ons kan nie nou die man se voete sien nie. Sy bed is langer as hy.
  2. Die man lyk baie gemaklik en gelukkig in sy groot bed.
  3. Kyk hoe klein lyk die seuntjie langs die bed!
inhoud-beeld

Hy het 'n baie hoë fiets gekoop.

  1. Let op dat die seun en die voël nou binne-in die mandjie is.
  2. Almal lyk nou baie gelukkig dat die man se goed die regte grootte is.
  3. Wys na en benoem die baie verskillende kleure op hierdie bladsy.
inhoud-beeld

Hy het op 'n baie hoë stoel gesit. Hy het met 'n baie lang vurk geëet.

  1. Tel saam met jou kind baie van die dinge in die prentjie uit – soos vingers, bene, treë en tande.
  2. Kyk hoe hoog die seun se stoel is! Sou jy bang wees om so hoog te sit?
  3. Noudat al sy goed die regte grootte vir hom is, is die man glad nie te lank nie!
inhoud-beeld

Hy het sy huis verlaat en na 'n groot huis in die bos getrek, waar hy vir baie jare gewoon het.

  1. Tel die pynappels, sakke en bome saam met jou kind.
  2. Tel die sporte op die leer saam met jou kind.
  3. Let op dat die voël weer geel is!

Jy is vry om hierdie storie af te laai, te kopieer, te vertaal of aan te pas en die illustrasies te gebruik solank jy dit op die volgende manier toeskryf:

'n Baie lang man
Skrywer — CorneliusWambi Gulere
Illustrasie — CatherineGroenewald
Taal — Engels
Vlak — Eerstewoorde
© Teks: Ugandese Gemeenskapsbibliotekevereniging; Illustrasie: Afrika-storieboekinisiatief 2014
Creative Commons: Erkenning 4.0
Bron www.africanstorybook.org
Oorspronklike bron www.ugcla.org

Vorige
bladsy 1 van 12
volgende