inhoud-beeld

Aktiwiteite vir gesinne

Vorige: Sudoku – Vergelyking Volgende: Kodebreker

Maak my 'n leuenaar

Aktiwiteit, Bonusmateriaal, Fase 2 – Logies wees

Iemand maak 'n stelling en die ander spelers probeer wys dat die stellingmaker lieg. Die doel is om 'n teenvoorbeeld te kry wat wys dat die stelling nie altyd waar is nie.

Altyd waar

Een tipe stelling is om te sê dat iets altyd waar is. Voorbeelde is:

  • Alle vragmotors het vier wiele
  • Alle reghoeke is vierkante
  • Alle voëls kan vlieg

As -> dan

Nog 'n tipe stelling is van die vorm "as dan". Voorbeelde is:

  • As dit vandag Maandag is, dan is dit 'n skooldag
  • As ek vir drie ure nie eet nie, dan is ek honger
  • As iemand langer is as iemand anders, dan is hulle ouer