3 Vlakke van Bespreking
Kies 'n gepaste vlak vir jou kind. Gee tyd vir nadenke wanneer jy vrae vra of kommentaar lewer. Help met die antwoord wanneer jou kind struikel, en volg korrekte antwoorde op met vrae of kommentaar wat klein uitbreidings op die kind se antwoord is.
Wiskundetemas en -woorde
Hierdie storie het oorslaantel en vorms. Oefenwoorde: tel met ene, twee, drie, vier en ses; vermenigvuldig, deel, skat, reghoek en driehoek.
Lees, gesels en geniet dit!
Die verskafde vrae en kommentaar is maar net die begin.
Vir die 1ste lesing, lees die rooi vrae en kommentare.
Vir die 2de lesing, lees die blou vrae en kommentare.
Vir die 3de lesing, lees die groen vrae en kommentaar.
Volg daarna jou kind se belangstellings en laat julle besprekings in prettige rigtings gaan.
Mnr. Shabangu was die beste bakker in die dorp. Elke oggend het hy om vieruur wakker geword om die deeg vir sy beroemde broodjies, koeke en beskuitjies te meng en te knie.
- Hou jy daarvan om te kook? Bak kan baie pret wees. Dit behels gewoonlik baie noukeurige meet en tel.
- Dit lyk asof daar twee rye van vier eiers is. Jy kan hulle tel volgens ene, twee of viere. Watter manier het jy gekies? Het jy al ooit 'n karton gesien wat 8 eiers bevat?
- Waarom dink jy staan bakkers vroeg op in die oggend? Hou jy daarvan om so vroeg op te staan dat dit nog donker buite is, of voel dit of jy nog op daardie tydstip moet slaap?