Gevoelens

by

Geïllustreer deur

inhoud-beeld
inhoud-beeld

My hart voel baie dinge.

  1. Dink aan verskillende gevoelens wat jy het. Aan hoeveel kan jy dink?
  2. Vertel 'n storie oor 'n tyd toe jy een van daardie gevoelens gevoel het.
  3. Pas jou gevoelens in 'n paar groepe? Is hulle byvoorbeeld almal gelukkige of hartseer gevoelens?
inhoud-beeld

Ek voel bly as my ouma vir ons saans stories vertel.

  1. Ken jy 'n spesiale persoon wat daarvan hou om jou stories te vertel? Laat dit jou goed voel om daardie persoon stories te hoor vertel?
  2. Tel saam hoeveel kinders na ouma se storie luister. As jy ouma by daardie telling voeg, sal dit een meer wees – hoeveel sal dit maak?
  3. Lyk hierdie kinders gelukkig? Hoe kan jy dit sien?
inhoud-beeld

Ek voel simpel as ek met my vriend speel.

  1. Watter dinge doen jy as jy simpel is?
  2. Tel die hande, voete, oë, neuse, vingers, tone of enigiets anders wat jy sien saam.
  3. Watter groep dinge het die grootste getal en watter een het die kleinste?
inhoud-beeld

Ek voel sleg as my pa sê hy het nie geld nie.

  1. Watter soort dinge maak jou hartseer?
  2. Wys na en benoem die kleure van hul verskillende kledingstukke.
  3. Tel die aantal knope op haar rok.
inhoud-beeld

Ek voel geliefd wanneer my ma my 'n drukkie gee.

  1. Wat is spesiale oomblikke wat jou geliefd laat voel?
  2. Wat doen jy om ander te laat weet dat jy liefde vir hulle voel?
  3. Die ma se klere het strepe en die meisie s’n het sterre. Het jy klere met sterre of ander vorms daarop?

Jy is vry om hierdie storie af te laai, te kopieer, te vertaal of aan te pas en die illustrasies te gebruik solank jy dit op die volgende manier toeskryf:

Gevoelens
Skrywer — Clare Verbeek, Thembani Dladla en Zanele Buthelezi
Illustrasie — Kathy Arbuckle
Taal — Engels
Vlak — Eerste woorde
© Skool vir Onderwys en Ontwikkeling (Sentrum vir Volwasse Onderwys), Universiteit van Kwazulu-Natal 2007
Creative Commons: Erkenning-Nie-kommersieel 3.0
Bron www.africanstorybook.org
Oorspronklike bron https://cae.ukzn.ac.za/resources/seedbooks.aspx

Vorige
bladsy 1 van 6
volgende