Kan ons ons katte tel?

deur Nina Orange

Geïllustreer deur Jesse Breytenbach en JessePietersen

inhoud-beeld
inhoud-beeld

Hoeveel katte?

0 Nul katte.

Geen katte hier nie!

  1. 0 is 'n belangrike getal! Dis waar alle tel begin, selfs wanneer ons dit nie sê nie.
  2. Hoeveel katte sien jy?
  3. Tel die skoenlappers saam – hulle is moeilik om in hierdie prentjie te vind.
inhoud-beeld

Hoeveel katte?

1 Een kat.

'n Swart kat eet rooivleis.

  1. Wys na en benoem die groen en oranje vierkante, blou hemp en swart kat.
  2. Let op hoe Paul na die kat kyk. Paul hou verseker van katte!
  3. Elke keer as 'n kat bygevoeg word: a) sê dat een meer as die laaste aantal katte die nuwe getal is, en b) een minder as die huidige getal die laaste getal is.
inhoud-beeld

Hoeveel katte?

2 Twee katte.

'n Wit kat en 'n grys kat slaap.

  1. Tel die katte, plante en mense saam.
  2. Van katte, plante en mense, watter getal is die grootste? Watter een is die kleinste?
  3. Let op dat die vierkantige teëls nou almal dieselfde grys kleur is.
inhoud-beeld

Hoeveel katte?

3 Drie katte.

Drie katte speel in die kombuis.

  1. Wat 'n gemors! Daar moet seker nul mense hier wees!
  2. Tel elke groep saam – die katte, kasdeure, koshouers en lepels.
  3. Van watter ding is daar die meeste in hierdie prentjie?
inhoud-beeld

Hoeveel katte?

4 Vier katte.

Vier katte is Paul se vriende.

  1. Tel al die katte.
  2. Watter van hierdie katte het jy al voorheen gesien, en watter is nuut? Watter word vermis?
  3. Wys na en benoem al die verskillende kleure in die kamer.
inhoud-beeld

Hoeveel katte?

5 Vyf katte.

Vyf katte jaag die hond.

  1. As jy na hul gesigte en liggame kyk, hou die katte en die hond van mekaar?
  2. Tel die aantal katte en die aantal honde. Watter groep is groter? Arme hond!
  3. Hierdie katte het almal verskillende kleure. Beskryf die kleur en patroon van elke kat.
inhoud-beeld

Hoeveel katte?

6 Ses katte.

Ses katte wag vir die hond.

  1. Tel die katte op die vloer en in die prentjie. Is dit dieselfde getal?
  2. Vind een of twee katte in die prentjie teen die muur wat nie op die vloer is nie.
  3. Die hond wil nie terugkom nie. Hoekom nie?
inhoud-beeld

Hoeveel katte?

7 Sewe katte.

Sewe katte speel in die kompleks.

  1. Wys na elk van die sewe katte.
  2. Waarna soek Paulus?
  3. Die kat op die dak is die hoogste kat. Hoe het daardie kat so hoog opgekom?
inhoud-beeld

Hoeveel katte?

8 Agt katte.

Agt katte en een hond!

  1. Die katte het baie verskillende kleure en patrone. Het jy al sulke katte gesien?
  2. Agt katte plus een hond maak hoeveel diere?
  3. Dink jy die hond lyk gelukkig of bekommerd?
inhoud-beeld

'n Katjie sit vas in 'n boom!

“Ek sal jou red!” sê Paulus.

  1. Hoeveel katte sit vas in die boom?
  2. Hoe het die kat daar bo gekom?
  3. Die kat is hoër as Paul. Hoe sal Paul die kat help?
inhoud-beeld

“Mamma, kan ons hom hou?”

Hoeveel katte?

9 Nege katte.

“Dis te veel katte!” sê Mamma.

  1. Een meer as agt katte is nege katte. 'n Hond en nege katte is hoeveel diere?
  2. Ken jy iemand met katte? Hoeveel katte het hulle?
  3. Dink jy nege katte is te veel?

Jy is vry om hierdie storie af te laai, te kopieer, te vertaal of aan te pas en die illustrasies te gebruik solank jy dit op die volgende manier toeskryf:

Kan ons ons katte tel?
Outeur — Nina Orange
Aanpassing — Bubaali laerskool
Illustrasie — JesseBreytenbach en JessePietersen
Taal — Engels
Vlak — Eerste sinne
© Bubali Laerskool 2015
Creative Commons: Erkenning 4.0
Bron www.africanstorybook.org

Vorige
bladsy 1 van 12
volgende