3 Vlakke van Bespreking
Kies 'n gepaste vlak vir jou kind. Gee tyd vir nadenke wanneer jy vrae vra of kommentaar lewer. Help met die antwoord wanneer jou kind struikel, en volg korrekte antwoorde op met vrae of kommentaar wat klein uitbreidings op die kind se antwoord is.
Wiskundetemas en -woorde
Hierdie storie het oorslaantel en getal-eienskappe. Oefenwoorde: oorslaantel, tel volgens 'n getal, ewe, onewe, meer, minder, bo en onder.
Lees, gesels en geniet dit!
Die verskafde vrae en kommentaar is maar net die begin.
Vir die 1ste lesing, lees die rooi vrae en kommentare.
Vir die 2de lesing, lees die blou vrae en kommentare.
Vir die 3de lesing, lees die groen vrae en kommentaar.
Volg daarna jou kind se belangstellings en laat julle besprekings in prettige rigtings gaan.
Almal weet dat die olifant 'n baie lang neus het.
- Olifante woon op baie plekke in Afrika en Asië. Wat is van die dinge wat jy van olifante weet?
- Het jy al ooit 'n olifant gesien? Indien wel, het dit so gelyk?
- Daar is twee kolle hare op hierdie olifant. Het olifante regtig sulke hare?