3 Vlakke van Bespreking
Kies 'n gepaste vlak vir jou kind. Gee tyd vir nadenke wanneer jy vrae vra of kommentaar lewer. Help met die antwoord wanneer jou kind struikel, en volg korrekte antwoorde op met vrae of kommentaar wat klein uitbreidings op die kind se antwoord is.
Wiskundetemas en -woorde
Hierdie storie het vorms en progressies. Oefenwoorde: gedempt, helder, reghoek, sirkel, boog, ovaal, ellips, groot, grootste, kurwe, vertikale lyne, parallelle lyne, streep, twee keer, verdubbeling, eksponensiële groei, skat, en tel in 2's en 4's.
Lees, gesels en geniet dit!
Die verskafde vrae en kommentaar is maar net die begin.
Vir die 1ste lesing, lees die rooi vrae en kommentare.
Vir die 2de lesing, lees die blou vrae en kommentare.
Vir die 3de lesing, lees die groen vrae en kommentaar.
Volg daarna jou kind se belangstellings en laat julle besprekings in prettige rigtings gaan.
Dit het dae lank gereën, en almal was knorrig. Almal behalwe Sizwe, wat elke oggend met 'n glimlag wakker geword het. “Joe! Sizwe! Daardie glimlag is magies!” sê Gogo. “Is dit vir my?” Sizwe klap sy hand oor sy mond. “Maar dis MY glimlag, Gogo,” fluister hy.
- Die kleure op hierdie bladsy is gedemp, hulle is nie baie helder nie. Hoe laat gedempte kleure jou voel? Die gedempte kleure is in sterk kontras met Sizwe se helder glimlag, en hulle help ons om die glimlag raak te sien.
- Daar is baie vorms hier. 'n Reghoek is 'n figuur met vier kante wat soos hierdie bladsy gevorm is. Alhoewel dit effens afgerond is, is die kant van sy bed 'n reghoek. Sy oë is sirkels. Die halslyn van sy hemp is 'n gedeeltelike sirkel, wat 'n boog genoem word.
- Wys al die boë in hierdie prentjie uit, moenie die kleintjies vergeet nie, en kyk dan rond waar jy is om nog boë te vind.